Local newsNews

AfriForum kort gemeenskap se hulp met skoonmaakaksies

Ondersteun organisasie en raak betrokke by jou dorp

SECUNDA – Lede van AfriForum het Donderdag, 21 Februarie ingespring en die groenstrook by Vaalrivierstraat naby Park Sentrum op Secunda, skoongemaak.

Die tak het twee waentjie-vragte vol vullis verwyder.

Mnr. Jan du Plessis, voorsitter van dié tak, het almal wat gehelp het, bedank.

Hy het gesê dié tak beplan nog skoonmaakaksies vir vanjaar en moedig die gemeenskap aan om betrokke te raak.

Hulle reël ‘n trekker en ander masjinerie vir die volgende skoonmaakaksie, maar benodig iemand om te help deur ‘n Bobcat of TLB te voorsien of beskikbaar te stel.

Die tak benodig ook ‘n klein vragmotor om die vullis mee weg te ry.

Die herstel van straatligte is volgende op die lys as hulle skenkings van straatligte of donasies ontvang.

Die gloeilampe kan teen ‘n afslagprys bekom word indien hulle 50 of meer bestel.

“As die inwoners trots wil wees op hul dorp, moet ons begin saamstaan,” het mnr. Du Plessis gesê. “Niks gaan gebeur as ons net sit en kla en nie self inspring nie.”

Vir meer inligting, skakel mnr. Du Plessis by 079 488 7608.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button