Local newsNews

Esmarelda Maré se eerste boek is die pleister vir haar hart

“Ek glo dat dit God se manier was om my weer op te tel na my teleurstelling dat ek nie meer kan vlieg nie.”

Me. Esmarelda Maré het drie jaar gelede op die ouderdom van 18 haar eerste boek geskryf en met hoë verwagtinge ‘n uitgewer gekontak om haar boek te publiseer.

Sy het op ‘n jong ouderdom reeds begin droom om ‘n vlienier te word en het in 2012 by die vliegskool op Ermelo aangesluit.

Sy het in 2013 reeds gedeeltes van die solo-vlieg saam met haar instrukteer, mnr. Marco Barnard gedoen.

Haar droom om ‘n vlieënier te word het Desember 2016 in duie gestort na ‘n fratsongeluk, waar sy met ‘n klein klip in die oog geskiet is. ‘n Reeks operasies en mediese behandeling het gevolg maar sy het haar sig in haar een oog verloor.

“Ek was nog altyd lomp, maar om die sig in een oog te verloor het dit vererger en ek val gereeld oor trappies, gooi koeldrank langs die glase en ek kan nie meer vinnig beweeg nie, wat dit bykans onmoontlik maak om te vlieg,” het me. Meyer gesê.

Sy het vertel dat sy nooit voor die ongeluk van skryf gehou het nie en het dit selfs op skool verpes, maar dat sy na haar ongeluk een aand wakker geskrik het en aan ‘n titel vir haar boek gedink het.

Haar boek, Lappop Meisiekind, het sy binne ses maande voltooi en het self die voorblad daarvoor ontwerp.

Dit gaan oor die verhaal van ‘n plaasmeisie wie se ouers op hul plaas vermoor is en sy dit nie kon verwerk het nie en besluit het om ‘n stadsmeisie te word.

Sy beskryf die boek as haar hartsaak, wat haar seer en teleurstelling na die fratsongeluk “gesond” gemaak het.

“Ek glo dat dit God se manier was om my weer op te tel na my teleurstelling dat ek nie meer kan vlieg nie.”

Sy het by uitgewers uitgekom wat bereid was om haar boek te publiseer.

Die uitgewers het geadverteer dat hulle die eerste boek gratis vir skrywers sal publiseer, maar na verdere korrespondensie met hulle, was daar van haar verwag om ongeveer R25 000 aan hulle te betaal.

“Ek besef nou dat ek toe al die rooiligte moes sien, maar ek was jonk en wou my verhaal met ander mense deel.”

Me. Maré het vertel dat daar gereeld verskonings was waarom sy nog niks van hulle ontvang het nie en bykans twee jaar na sy kontrak geteken het, het hulle haar laat weet dat hulle haar boek verloor het en van voor af moes begin.

Sy het onlangs, bykans drie jaar later, slegs tien kopieë van haar boek ontvang en volgens haar het die uitgewers nie hulle ooreenkoms nagekom nie en sou hulle ook ‘n boekbekendstelling reël om haar boek te bemark wat nooit plaasgevind het nie.

“Die kwaliteit van die boeke wat ek ontvang het is baie sleg en daar is steeds spelfoute asook ander foute in die boek.”

Sy het bygevoeg dat sy een van vele skrywers is wat deur die maatskappy ingedoen is.

Wat haar die meeste hinder is die feit dat sy die geld by mense geleen het en dit nie vir hulle kan teruggee nie.

Sy droom steeds van ‘n suksesvolle loopbaan as ‘n skrywer en haar opvolg boek is byna voltooi en sy is ook met twee ander boeke besig.

“Wat dit meer hartseer maak is die feit dat ek al die tweede boek begin het, maar die eerste boek is steeds nie gepubliseer nie.”

Sy is in April verlede jaar getroud, maar het besluit om steeds onder haar nooiensvan, wat Meyer is, te skryf.

Me. Maré het ook intussen begin skilder en geniet dit om grafiese ontwerp en skoonheid te doen.

“Ek beproef alles en behou die goeie,” het sy afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button