Ondersteun AfriForum Jeugvleuel se nuutste projek by Davieshof
AfriForum se jongmense op Secunda wil bejaardes help
SECUNDA – Secunda AfriForum se Jeugvleuel het Saterdag, 16 Februarie teruggegee aan die gemeenskap deur ‘n bejaarde van Davieshof te help om haar woonstel uit te verf.
Lede van die jeug-tak het besluit om ook ander bejaardes van Davieshof te help deur gate in die mure te herstel, ander algemene herstelwerk, asook hul woonstelle te verf.
Mnr. Ricardo Jonker, jeugverteenwoordiger van AfriForum se Secunda-tak, het gesê:
“Ons het gedink ons doen eenvoudig ons goeie daad vir die dag, maar ons is totaal oorweldig deur die goeie terugvoering wat ons ontvang het.
“Die waardering vir ons klein bydraes het ons werklik bemoedig.”
Die bestuur van die tak het ondernemings aangemoedig om by dié projek betrokke te raak.
Vir meer inligting, stuur ‘n e-pos na bronwen.pretorius@afriforum.co.za of bernard.pieters@afriforum.co.za.




