Local newsNews

Bethal VLU-lede vier twee se 92ste en 82ste verjaarsdae

Vroue geniet Februarie se vergadering op plaas, leer meer oor kruie

BETHAL – Lede van die Bethal VLU-tak het Dinsdag, 19 Februarie, hul oudste lid, me. Sophie Jordaan, se 92ste verjaardag asook Me. Ysabel Snyman se 82ste verjaarsdag gevier.

Die lede het by Genadeplaas buite Secunda byeen gekom waar hulle ‘n ete geniet het.

Me. Estelle Erasmus van Genadeplaas, het die vroue meer vertel van kruie, waarvoor dit aangewend kan word, asook die medisinale waardes.

Skakel me. Lynette Posthumus by 072 203 6230.

Me. Lenie Grobler en me. Annette von Wiellich Dinsdag, 19 Februarie by die Bethal VLU-tak se vergadering by Genadeplaas buite Secunda. (Foto: Ilse Cronje)
Die lede van Bethal VLU-tak wat Dinsdag, 19 Februarie Genadeplaas besoek het en van kruie geleer het is me. Ester Booysen, me. Corrie Enslin, me. Sonja Williams, me. Annatjie Fourie, me. Marieta Venter, me. Lynette Posthumus, me. Sophie Jordaan, me. Ysabel Snyman, me. Nellie Snyman, me. Nellie Louw, me. Lenie Grobler, me. Annette von Wiellich, me. Hennie van Heerden, me. Martie Venter en me. Miemie Roos. (Foto: Ilse Cronje)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button