Local newsNews

Oud-Standertonner, Leonie, hou boek van die mark

Leonie se indrukke oor dit waarna lesers in ’n boek soek is drievoudig naamlik ’n boek wat goed geskryf is, met sterk karakters en ’n goeie storielyn.

Entrepreneur me. Leonie van Rensburg het gedoen met ’n miljoen en Graffiti Books & Stationery in 2005 suksesvol van die grond af gekry.

“Ek het ’n tweede verband op my huis uitgeneem en met lenings van my sus Christa en vriende kon ek my drome verwesenlik,” aldus Leonie.

’n Hoogtepunt ongetwyfeld was die oggend van 1 November 2005 toe sy haar eie winkeldeur kon oopsluit.

’n Ander mylpaal was toe die webwerf in 2009 ‘live’ gegaan het en deesdae is 80% van die webwerfverkope in Afrikaans.

Sy het in 1979 aan Hoërskool Standerton gematrikuleer en met ’n reünie beplan vir September, is die vooruitsig daar om ou klasmaats te sien.

Die volledige artikel sal binnekort in die Standerton Advertiser verskyn.

Related Articles

 
Back to top button