Local newsNews
Jannes van Niekerk van Standerton word eersdaags 90
Met ’n suksesvolle algemene boerdery, saaiery en melkery is hy drie agtereenvolgende jare vereer vir die bes beplande plaas in die Standerton-distrik en die onderwerp vir sy M-tesis was hoeka melkproduksie in die Standerton-distrik.

Mnr. Jannes van Niekerk, wat in April sy 90ste verjaardag sal vier, se voetspore kan in die akademie, op militêre gebied, die handel, kerkgebied en boerderywese nagespeur word.
Standerton se vroedvrou het hom destyds ‘gevang’ soos die gebruik maar was en sy pa het destyds onderwys by die destydse Mooifontein Skool op die Bethal-pad gegee.
Jannes het van die hoogtepunte in sy lewe laat blyk as sy huwelik met Louis in 1961 en die verwerwing van sy B.Com-graad.
As aktiewe lidmaat van die NG Kerk was hy ook vyf jaar hoofouderling van die Wes-gemeente.
Lees die volledige artikel binnekort in die Standerton Advertiser.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



