Local newsNews

Restaurant ondersteun ouers van Downsindroom-seuntjie

Morné Lesley vermaak gehoor by restaurant op Secunda vir geldinsamelingsgeleentheid

SECUNDA – Panarottis in Secunda Mall het op Woensdag, 27 Februarie ‘n geldinsameling vir Shaun Naudé (2), ‘n Downsindroom-seuntjie, aangebied.

Die sanger, Morné Lesley, het die gehoor met sy sang vermaak.

Shaun se ouers, mnr. Jacques en me. Chantal Naudé, het 10 jaar vir Shaun gewag en glo hy is ‘n klein wonderwerkie.

In dié 10 jaar het me. Naudé verskeie miskrame gehad, en die egpaar het ook vrugbaarheidsbehandeling ondergaan.

Klein Shaun moes ná sy geboorte op 8 November 2016 vir vier weke in die intensiewe sorgeenheid van die hospitaal bly omdat hy probleme met sy hart en longe gehad het.

Dokters het destyds tydens me. Naudé se swangerskap, nie agtergekom dat hy Downsindroom het nie.

Die egpaar het kort na Shaun se geboorte ‘n ondersteuningsgroep vir gesinne van Downsindroom-kinders begin.

Shaun sien gereeld spesialiste en ‘n neuroloog. Sy ouers se droom is om hom na ‘n privaatskool te laat gaan as hy ouer is.

Hoewel die gesin ‘n mediese fonds het, dek dié fonds nie al die spesialiste se kostes nie, en die gesin moet dus self vir baie van die besoeke betaal.

Mnr. Naudé het die span van Panarottis en almal wat hulle ondersteun het met die geldinsameling, bedank.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button