CrimeLocal newsNews

Publiek vergader oor veediefstalinligtingsentrum in Standerton

Veediefstal het by plekke wat reeds ’n VIS het, merkbaar afgeneem.

Kasselman Veiligheidsdienste (KVD) het op hul Facebook-blad aangedui dat die nasionale polisie besluit het dat elke veediefstaleenheid ‘n VIS (veediefstalinligtingsentrum) moet hê vanweë die drastiese toename daarin.

VIS is ‘n spreekbuis waardeur die landbou met die verskillende rolspelers soos die veediefstalbevelvoerder, die Departement van Justisie en Departement van Korrektiewe Dienste, sowal as ander instansies wat ‘n rol kan speel in die bekamping van veediefstal, in gesprek vir oplossings en optrede kan tree.

Standerton het nie ‘n VIS nie en ‘n vergadering sal op 25 April om 10vm op Platrand by die Boerevereniging se saal gehou word. KVD het die belangrikheid van verteenwoordigers uit elke omgewing om Standerton se bywoning onderstreep.

Veediefstal het by plekke wat reeds ‘n VIS het, merkbaar afgeneem.

Skakel 082 400 8834 as jy die vergadering kan bywoon.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button