
STANDERTON – Bestel nou jou soetigheid vir Mei en ondersteun daardeur ook die Nederduitch Hervormede Sustersvereniging op Standerton.
Die NHSV het met ’n reuse koekie-bakprojek begin wat net betyds vir Moedersdag sal wees.
Die groot bak gaan op 6 en 7 Mei plaasvind.
Emmertjies vol gemende koekies sal teen R90 elk verkoop word.
Groot pakke koekies sal R70 elk kos en klein pakkies sal teen R40 elk verkoop word.
Skakel 017 712 3270 om ’n bestelling te plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



