Local newsNews

Magda wys ‘Pot-Ed-Fleur’-rangskikking vir lede

Belangstellendes is welkom om volgende vergadering op 23 Mei by te woon

SECUNDA – Me. Magda Schwab het op Donderdag, 25 April lede van die Teksa Blommeklub gewys hoe om ’n rangskikkings met die titel ‘Pot-Ed-Fleurs’, te maak.

‘Pot-Ed-Fleurs’ beteken die samevoeging van groeiende plante in of buite ’n houer.

Me. Sophie Hugo het gesê dit is amper soos ’n klein tuintjie wat jy maak of rangskik.

Lede moet ’n ‘Pot-Ed-Fleur’-rangskikking maak vir hul volgende maandelikse byeenkoms op Donderdag, 23 Mei.

Lede van die Teksa Blommeklub het vanaf 25 tot 28 April aan ’n blommeskou op Newcastle deelgeneem en presteer.

Me. Essie Fourie het ’n eerste plek in die ope-afdeling met haar rangskikking, Celebrating Sunshine, behaal en ’n vierde plek in die gevorderde afdeling.

Me. Essie Fourie van Teksa Blommeklub het verskeie plekke behaal by ¹n blommeskou op Newcastle.

Me. Charlotte Jacobs het ’n tweede plek in die ope-afdeling behaal het en me. Lenie Beukes ’n derde plek in die gevorderde afdeling met haar rangskikking, Autun all Around, asook ’n vierde plek in die ope-afdeling.

Teksa Blommeklub se volgende vergadering is op Donderdag, 23 Mei om 9vm in Die Ark by die N.G. Kerk se Secunda Oos/NG Goedehoop-gemeente.

Belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon.

Vir meer inligting, skakel me. Schwab by 083 611 0684.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button