Local newsNews

DBV op Standerton is in vervalle toestand

Die geriewe is ook volgens haar, in ’n vervalle toestand met gras wat gesny moet word, ’n hinkepinkheining en hokke se skarniere wat deurgeroes is en dringend moet vasgesweis word.

Me. Nadine de Bruyn, vrywilliger by die plaaslike DBV, het met die Standerton Advertiser op 7 Mei in verbinding getree oor toestande by die geriewe.

Sy het as vrywilliger haar dienste aangebied nadat sy me. Riana Labuschagne se Facebook-blad gesien het.

Die Standerton DBV val onder die Hoëveldrif-DBV op Secunda.

Volgens me. De Bruyn, het Secunda 39 honde en 18 katte laat haal en laat uitsit en daar is nou slegs twee honde en twee katte oor.

Sy het gesê dat honde- en katkos spoorloos verdwyn het wat vrywilligers genoop het om hulle voorraad weg te steek.

Die geriewe is ook volgens haar, in ‘n vervalle toestand met gras wat gesny moet word, ‘n hinkepinkheining en hokke se skarniere wat deurgeroes is en dringend moet vasgesweis word.

Die Standerton Advertiser het met mnr. Nic Strydom, voorsitter van die vrywilligerskomitee op Secunda, in verbinding getree wat lig op die saak gewerp het.

“Diere word gereeld verskuif om die werklas van vrywilligers te verminder,” het mnr. Strydom gesê.

Volgens hom, is die bewering dat hond- en katkos verdwyn, al voorheen gehoor.

Dierekos word tussen Evander en Standerton gery wat na sy kennis, nooit vanaf Standerton afkomstig is nie.

“Dit geskied beslis nie met die medewete of goedkeuring van die komitee nie.”

Die DBV op Standerton se geriewe benodig aandag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button