Local newsNews

Christene kom saam om te bid op Standerton

Kingdom Nation, wat eenheid in kerke bevorder, het die inisiatief geloods waar inwoners, huise, ondernemings en die komende verkiesing aan ’n Hoër Hand opgedra is.

‘n Geskatte 140 Christene van verskillende denominasies het onlangs aan ‘n nasionale gebedsaksie deelgeneem om ware vryheid te vier.

Volgens me. Amanda le Roux van die StandertonvirJesus-pastoreforum, is mense aangemoedig om wit te dra tydens die staproete van die Standerton Stadsaal na Kardoesie in Beyers Naudéstraat.

Kingdom Nation wat eenheid in kerke bevorder, het die inisiatief geloods waar inwoners, huise en ondernemings die komende verkiesing aan ‘n Hoër Hand opgedra het.

Die koördineerders vir die aksie was past. Liz van der Westhuizen en me. Shannon Critton en ‘n 10 minute-lange nasionale gebed is ‘live’ op Kingdom Nation se Facebook-bladsy gelaai.

Past. Danie Ferreira, me. Le Roux en mnr. Jacques van Rensburg het die gebede gelei.

“Dit was ‘n sukses waar eenheid onder Christene bevorder is,” het me. Le Roux mee afgesluit.

Christene vier Vryheidsdag op 27 April. (Foto: Verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button