Local newsNews

ATKV daag skole en ondernemings uit om te help insamel

Reik uit na behoeftiges op Secunda

SECUNDA – Die ATKV Kosmosrand-tak se jaarlikse projek, die Winterwarm-projek, het onlangs afgeskop en hulle wil voordat die skoolvakansie begin, kinders se harte warm maak.

Lede van dié ATKV-tak samel nie-bederfbare kos in. Hulle gaan kospakkies opmaak wat uit 10 pakkies sop, 2.5kg mieliemeel, 2.5kg suiker, twee pakkies pasta, twee blikkies vis of vleis, twee blikkies groente, een pakkie tee, een pakkie koekies, een blikkie kondensmelk en een pakkie rys bestaan, opmaak.

Belangstellendes kan al die bogenoemde items in ‘n materiaal inkopiesak plaas en skenk of net van die items skenk waarna die ATKV-lede die kospakkies sal opmaak.

Me. Tracey van Wyk, voorsitter van die ATKV-tak, het die gemeenskap, ondernemings en skole aangemoedig om dié projek te ondersteun.

Sy het gesê belangstellendes is welkom om briefies van bemoediging aan die sakke te heg of saam met die items te stuur.

Die tak gaan ook kouse wat vroeër vanjaar ingesamel is, aan behoeftige kinders uitdeel.

Die Winterwarm-projek sluit op Woensdag, 12 Junie en die kospakkies sal op Donderdag, 13 Junie by verskeie skole aan behoeftige kinders uitgedeel word.

Vir meer inligting, skakel me. Tracey van Wyk by 074 103 6381.

Die tak se bankbesonderhede is: Absa Bank, ATKV Kosmosrand, spaarrekening, rekeningnommer 009 1656 56335, takkode 334644, verwysing: kinderhulpfonds.

Me. Tracey van Wyk, voorsitter van die ATKV se Kosmosrand-tak, met van die items wat die ATKV vir behoeftige gesinne insamel met hul Winterwarm-projek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button