Local newsNews

Cansa bied damestee op Standerton aan

Me. Kruger het genoem dat sy besluit het dat haar waardigheid nie aangetas sou word deur haarverlies na chemobehandeling nie.

Cansa het op Saterdag 11 Mei by die Waterfront om 9.30vm ‘n damestee aangebied en me. Marchel Kruger was die spreker.

Vroue het die geleentheid bygewoon in semi-formele drag en kaartjies, wat R150 per persoon beloop het, het ‘n ligte, keurige middagete ingesluit.

Me. Giséle Bosman van Cansa het die verwelkoming gedoen en die vroue het by 16 tafels, met ‘n gasvrou elk, aangesit en die spreker, wat in 2013 en 2016 met kanker gediagnoseer is, het aan die vroue ‘n boodskap oor haar stryd gegee.

Me. Kruger het genoem dat sy besluit het dat haar waardigheid nie aangetas sou word deur haarverlies na chemobehandeling nie.

Sy het klem daarop gelê om positief te wees en nie jou waarde gering te skat nie.

Volgens me. Annelie van Niekerk, voorsitter van die vrywilligerskomitee, was dit ‘n sukses.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button