Local newsNews

Kinross VLU-tak nooi belangstellendes na volgende vergadering

Vroue leer hoe om denim-sakke te maak

KINROSS – Me. Magda van Niekerk het Donderdag, 9 Mei vir die vroue van die Kinross VLU-tak gewys hoe om ’n sak vanuit denim-materiaal te maak.

Lede het ook hul hangeroortreksels wat hulle vir hul maandelikse opdrag moes maak, gewys.

Me. Hannie van Niekerk, voorsitter het haar ondervinding by die Kristopher Ryan-sentrum waar die tak onlangs kolwyntjies uitgedeel het, met die ander lede gedeel.

“Dit was ’n belewenis om daardie kinders se gesigte te sien toe ons die kolwyntjies afgelewer het,” het me. Van Niekerk gesê.

Die Kinross VLU-tak vergader weer op Donderdag, 13 Junie om 9.30vm vir 10vm op Secunda.

Vir meer inligting, skakel me. Van Niekerk by 072 834 1554.

Me. Magda van Niekerk wys vir vroue van die Kiross VLU-tak hoe om ’n inkopiesak vanuit denim-materiaal te maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button