Local newsNews

Brande is boere se voorland

Die periode van toepassing is 1 Junie tot en met 31 Oktober vir permitte om uitgereik te word en grondeienaars kan met mnre. Kotzé by 082 564 5698 of Lappies Labuschagne, voorsitter, by 082 843 3200 in verbinding tree.

Die Lekwa Brandbestrydingsvereniging maak erns met veld- en bosbrande ter voorbereiding van die komende seisoen, wat die besit van ‘n geldige permit insluit.

Tydens ‘n maandvergadering op 15 Mei by Appledew Gastehuis het lede die risiko’s verbonde aan die periode, tradisioneel van Maart tot Augustus, onder die loep geneem.

Daar word duidelik nie onnodig alarm gemaak as die statistieke van verlede jaar in ag geneem word nie, met 40 aangemelde vure teen ‘n bestrydingskoste van R120 650.00.

Die beraamde skade het R8 440 800.00 beloop en 3 381 hektaar het in die slag gebly.

Mnr. Louis Kotzé, bestuurder, het aangedui dat die organisasie, wat in terme van die ‘National Veld and Forest Act 101’ van 1998 funksioneer, die 2019-brandverbod sal publiseer.

Elke grondeienaar is verplig om aan die vereniging te behoort en hulle ledetal staan op 230.

Streng voorwaardes geld vir ‘n vuur wat aangesteek word in die oop lug op ‘n plek wat nie spesifiek daarvoor ingerig is en onderhou word soos ‘n piekniekarea, woonwapark of vakansie-oord.

Mnre. Louis Kotzé en Lappies Labuschagne is pro-aktief besig met die komende brandseisoen.

‘n Voorbehoud is dat sodanige vure deeglik met water en/of sand geblus word.

Uiteraard word vure ter kosvoorbereiding in woongebiede sowel as vure in woongebiede en industriële erwe in geproklameerde dorpsgebiede uitgesluit.

Die vereniging se verbod sluit ook vure by inisiasierituele uit, maar slegs op plekke wat spesifiek voorberei is en onderhou word.

Geeneen mag voorts houtkapsels afkomstig van enige plantasie of indringerplante aan die brand steek nie. Oortreders kan in terme van art. 25 van die wet ‘n minimumboete van R5 000 opgelê word.

Mnr. Kotzé het die brandindeks en windspoed vermeld waarvolgens ‘n permit nie uitgereik sal word nie.

Die periode van toepassing is 1 Junie tot en met 31 Oktober vir permitte om uitgereik te word en grondeienaars kan met mnre. Kotzé by 082 564 5698 of mnr. Lappies Labuschagne, voorsitter, by 082 843 3200 in verbinding tree.

Voorbrande wat gemaak is. (Foto: Verskaf)

Die situasie in en om Lekwa wek kommer omdat die Standerton Brandweer tans net een brandweerwa tot sy beskikking het met twee wat in is vir herstelwerk.

“Dit is van kardinale belang dat elke vuur aangemeld word,” het mnr. Kotzé gesê.

‘n ‘Fire Protection Officer’ is ook sedert die inwerkingtreding van die wet nog nie in Lekwa aangestel nie.

Die asgate op Standerton en Morgenzon, wat by meer as een geleentheid publisiteit geniet het, is nog ‘n doring in die vlees met nasionale omgewingswetgewing wat nie nagekom word nie.

Mnr. Labuschagne het boere gemaan om waaksaam vanjaar te wees.

Hy het boere ook gewaarsku om voorbrande om hul werkers se huise te maak om wegholbrande te voorkom.

“Baie dankie, namens die bestuur, aan al die boere vir jul deelname, ” het hy afgesluit.

“Dit word waardeer.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button