Local newsNews

Ermelo-vrywilligers bring hoop vir mense op straat

Me. Strydom het vertel dat hulle tydens die eerste aand 14 brode ingesamel het om uit te deel, maar dat dit te veel was. Dit het egter vinnig verander nadat meer inwoners van die maaltyd te hore gekom het.

Ermelo inwoners het sowat ’n jaar gelede die behoefte raakgesien om hawelose mense met kos en die Woord van die Here te bedien.

Me. Zelda Strydom wat eers by die ‘Pro Life’-groep betrokke was, saam met me. Elmé Strydom en me. Rasul Seedat het daad by woord gevoeg en dié groep gestig.

Me. Strydom het vertel dat hulle tydens die eerste aand 14 brode ingesamel het om uit te deel, maar dat dit te veel was.

Dit het egter vinnig verander nadat meer hawelose-inwoners van die maaltye te hore gekom het.

Die groep het eers rond gery in die dorp om die mense te bedien, maar het onlangs besluit om die kos 5.30nm vanaf PAS Prokureurs se gebou te versprei.

“Ons het tydens ons laaste uitreik 48 brode, saam met koffie en tee bedien en die brood was steeds te min,” het me. Strydom vertel.

Enige persoon wat ’n bydrae wil maak vir dié weeklikse uitreik kan me. Zelda Strydom by 082 819 1508 skakel.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button