ATKV se projek vir winter skop af
ATKV-tak is steeds aktief en belangstellendes is welkom om aan te sluit
SECUNDA – Die ATKV Kosmosrand-tak se jaarlikse Winterwarm-projek het onlangs afgeskop en hulle wil voordat die skoolvakansie begin, kinders se harte warm maak.
Lede van dié ATKV-tak samel nie-bederfbare kos in en gaan kospakkies opmaak wat uit 10 pakkies sop, 2.50kg mieliemeel, 2.50kg suiker, twee pakkies pasta, twee blikkies vis of vleis, twee blikkies groente, een pakkie tee, een pakkie koekies, een blikkie kondensmelk en een pakkie rys bestaan, opmaak.
Belangstellendes kan bogenoemde items in ‘n materiaal-inkopiesak plaas en skenk of net van die items skenk waarna die ATKV-lede die kospakkies sal opmaak.
Me. Tracey van Wyk, voorsitter van die ATKV-tak, het die gemeenskap, ondernemings en skole aangemoedig om dié projek te ondersteun.
Sy het gesê belangstellendes is welkom om briefies van bemoediging aan die sakke te heg of saam met die items te stuur.
Die tak gaan ook kouse wat vroeër vanjaar ingesamel is, aan behoeftige kinders uitdeel.
Die Winterwarm-projek sluit op Woensdag, 12 Junie en die kospakkies sal op Donderdag, 13 Junie by verskeie skole aan behoeftige kinders uitgedeel word.
Me. Van Wyk het gesê belangstellendes is welkom om by die ATKV-tak, wat op Secunda geleë is, aan te sluit.
Vir meer inligting, skakel me. Van Wyk by 074 103 6381.
Die tak se bankbesonderhede is: Absa Bank, ATKV Kosmosrand, spaarrekening, rekeningnommer 009 1656 56335, takkode 334644, verwysing kinderhulpfonds.



