Local newsNews

Nicholas Swart getuig van God se genade in die vloedwaters van die Stormsrivier

“Ek het besef dat as ek nou hier doodgaan, gaan ek hel toe.”

In ‘n skeur van ‘n kloof het mnr. Nicholas Swart op 25 Maart 2000, vir sowat 27-uur aan die lewe vasgeklou en met God ‘ge-bargain’ vir nog ‘n kans op die lewe, terwyl die vloedwaters van die Stormsrivier onder hom gedruis het.

Dié dag wat sy lewe vir altyd verander het, het soos enige ander dag begin waar hy vir die soveelste keer as ‘n avontuurgids ‘n toergroep vir ‘n pretvaart op buitebande op die rivier geneem het.

Hy het vertel dat hoewel dit ‘n reënerige dag was, dit niks buitengewoon was nie en daar geen rede tot kommer was nie.

Net voor die laaste stroomversnelling van die rivier het hy die groep vir ‘n laaste keer bymekaar gemaak om die laaste gedeelte van die roete te verduidelik.

Almal was onbewus van die ramp wat op hulle gewag het.

“Toe ek die mense by die kloof sien ingaan, het ek geweet nou is hier groot moeilikheid.

“Ek is agter die mense in die kloof aan, met die hoop om iemand te kan help.”

Sy linker knie is vergruis soos hy deur die water teen die klippe en rotse geslinger was.

Vandag, 19 jaar ná sy ongeluk is hy op ‘n plek in sy lewe waar hy kan sê dat hy die trauma verwerk het, nie dat hy dit ooit werklik sal kan laat gaan nie.

“Ek weet die Here het ‘n plan dat hy dié ongeluk ná 19 jaar weer na vore bring, wat sy plan is sal ek maar moet wag en sien.”

Vir nou deel hy sy getuienis en wag op die Here om Sy planne te openbaar.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button