Local newsNewsSchools

Laerskool Marietjie van Niekerk verwelkom mnr. Scholtz

Mnr. Morné Scholtz is Laerskool Marietjie van Niekerk se nuwe skoolhoof. Dié passievolle krieketspeler was ’n provinsiale krieketspeler en afrigter, hy speel boon-op gholf ook.

BETHAL – Mnr. Morné Scholtz is Laerskool Marietjie van Niekerk se nuwe skoolhoof.

“Elke kind moet die kans kry om aan iets deel te neem sodat hulle ook betrokke en belangrik kan voel, spontaan kan wees en opreg kan wees. Elke leerder moet kan voel ‘ek is iemand’,” het mnr. Scholtz gesê.

Hy het reeds van 1 Mei vanjaar by die skool begin.

Dié passievolle krieketspeler was ‘n provinsiale krieketspeler en afrigter.

Hy speel boonop gholf ook.

Engeland was vir twee jaar sy speelveld, waar hy skool gehou het en meer ervaring in onderwys en krieket gekry het.

Moenie dink hy kan net kolwe laat klap nie, dié man tokkel die klassieke kitaar, en speel klavier, orrel, mondfluit en ook trekklavier.

“Ek is baie lief daarvoor om te sing en het al kore gedirigeer. Omdat ek in Secunda grootgeword het, ken ek die gebied en was adjunk-hoof op Barberton. Ná my onderhoud vir dié pos, het ek anders gevoel, dit het reg gevoel. Ek het my hart daarop gesit.”

Hy noem dat die gemeenskap se positiewe gesindheid vir hom opvallend was.

“Ander skole se hoofde het my welkom laat voel. Die leerders hier is positief, openlik en vriendelik. Ek voel reeds tuis.”

Om sy eie stempel te kan afdruk en homself te kan wees, is vir hom belangrik.

Hy sien uit na elke uitdaging wat moontlik sy pad kan kruis.

In sy vrye tyd komponeer en skryf hy liedjies. Sy lewensuitkyk is: “Life is about choices. The choices you make influence the consequence. Ek het baie vinnig geleer dat jy lief vir mense kan wees, maar dat mense nie jy is nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button