Local newsNewsSchools

Matrikulante van 1969 hou reünie

Vanaf Vrydagmiddag is hul met etes bederf en Saterdagaand het die ‘Goue Jare’-dinee plaasgevind.

Die matrikulante van 1969 het die naweek van 2 tot 4 Augustus reünie by Usambara op Krugersdorp gehou.

Hulle die besluit geneem om dit daar te hou omdat die groep van oral oor moes kom.

Sommige het van Somerset-Wes, Gordonsbaai, Botrivier, Polokwane (Pietersburg), Witrivier, Scottsburgh, Pinetown, Pretoria-omgewing opgedaag asook van nader soos Standerton en Perdekop.

Usambara behoort aan een van die klasmaats, Cecilé (Ambrosius) en haar man, Gerhard Scheepers, se seun en die groep kon die naweek daar oorbly en kuier.

Vanaf Vrydagmiddag is hul met etes bederf en Saterdagaand het die ‘Goue Jare’-dinee plaasgevind.

Voordat die saal ingestap is, is hulle op versnaperinge en drankies op die patio trakteer, met musikante wat musiek gemaak het.

Cecilé het met ‘n professionele fotograaf gereël om elke paartjie af te neem, asook die groep, sodat foto’s dieselfde aand ontvang kon word.

Die saal is mooi met wit blomme getooi en Fika van Rensburg, hoofseun van 1969, het as seremoniemeester opgetree en daar is teruggestap op die ‘onthou jy’-pad.

Sondagoggend is die naweek afgesluit met ‘n diens in een van die kapelle, ook gelei deur Fika, wat een van die hoogtepunte van die naweek was.

Daarna is vir oulaas saam tee gedrink met die pragtigste koeke en terte deur Cecilé voorsien.

Dit was ‘n voorreg om rustig te kuier en die lief en leed van mekaar se lewens te kon deel.

Hulle sien reeds uit na die volgende reünie in 2024.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button