Local newsNews

SAVF-gaste doen ‘line dancing’ by geldinsamelingsfunksie

“Elke dans word ook spesifiek volgens ’n liedjie choreografeer,” het sy gesê.

Die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) het op Vrydag 31 Augutus hul jaarlikse geldinsamelingsfunksie ‘in lyn’ by Standerton Primary School gekry.

Mnr. Christiaan Els het die gaste in die regte luim met die ‘line dancing’ geplaas.

Volgens me. Arista van der Merwe, voorsitter van die SAVF, het die gaste dit so geniet dat hul by hom vir ‘n les gaan aanklop.

“Elke dans word ook spesifiek volgens ‘n liedjie choreografeer,” het sy gesê.

Die geselligheid het ‘n ligte ete en wyn op die tafel ingesluit en elkeen kon sy eie hamburger ‘bou’.

Die SAVF het mnr. Stoffel en me. Sonja Lombard, mnr. Johan en me. Louise Visagie, ds. Wihahn de Beer, me. Diana Hendriks, me. Rentia Geldenhuys, mnr. Thys Froneman, dr. Nikola Batev, me. Madelein Roelofse, mnr. Herman van der Nest, mnr. Gustav Kruger, mnr. Christiaan Els en mnr. Bernard en me. Nicola Dufour vir hul bydraes bedank.

Die onderneming wat ook bedank is, is Standerton Mills, Standerton Drankwinkel, TWK Agri, Waterfront, Kliphuis, Clasics, Quik Chek en Khan’s, sowel as die Hervormde Kerk en Standerton Primary School.

Al die SAVF-spanlede is ook bedank. “Dit was ‘n sukses wat nie sonder die gemeenskap se hulp kon plaasvind nie.¨

Gaste neem op 30 Augustus deel aan die ‘line dancing’ by Standerton Primary School. (Foto: Verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button