Britz & Hayward-span se duiwe vlieg vinnigste
Duiwe van verskillende gesinne presteer goed
SECUNDA – Britz & Hayward-span van die Sasol Posduifklub het behoorlik skoonskip gemaak in albei afdelings tydens dié klub se wedvlug vanaf Griekwastad op Saterdag, 31 Augustus.
Hul duiwe het eerste, tweede en derde plekke losgevlieg in die ope-afdeling terwyl Buks Snyman se duiwe vierde en vyfde geëindig het.
Die Viljoen-gesin se duiwe het sesde en sewende geëindig en Frik Stander se duiwe agtste, negende en 10de.
In die jaar-oud-afdeling het Britz & Hayward-span se duiwe weer eens uitgeblink en ‘n duif het ook dié afdeling gewen.

Die Viljoen-gesin se duiwe het ook goed gevaar en tweede, derde, vierde en sewende plekke losgevlieg terwyl ‘n duif van die Eiber & Neethling-span vyfde geëindig het.
Stander se duiwe het sesde en agtste geëindig en Snyman se duiwe negende en 10de.
Posduiwe het op Saterdag, 7 September weer kragte gemeet toe hulle vanaf Strydenburg huis toe gevlieg het en in die ope-afdeling was dit die Viljoen-gesin se duiwe wat eerste en 10de geëindig het.
Stander se duiwe het weereens goed gevaar en tweede, vyfde en sesde plekke losgevlieg terwyl ‘n duif van die Eiber & Neethling-span derde geëindig het.

Een van Britz & Hayward-span se duiwe het vierde geëindig, Boeta Homan se duiwe sewende en negende en ‘n duif van Snyman, agtste.
Snyman se duiwe het uitgeblink in die ope2-afdeling en eerste derde en negende plekke losgevlieg.
Die Viljoen-gesin se duiwe het ook goed gevaar en tweede, sesde en sewende plekke behaal terwyl een van Britz & Hayward-span se duiwe vierde geëindig het, ‘n Stander duif vyfde, een van Eiber & Neethling-span se duiwe agtste en ‘n Selection Loft-span duif, 10de.




