Hoëveld fotograwe skryf beste foto’s in vir maandelikse byeenkoms
Belangstellendes is welkom om volgende byeenkoms by te woon

SECUNDA – Dr. Leon Pelser was die beste fotograaf in die voorgeskrewe onderwerpafdeling op Vrydagaand, 6 September by die Hoëveld Fotografieklub se maandelikse byeenkoms.
Die voorgeskrewe onderwerp vir September was Bird’s Eye View en dr. Pelser se foto, The Ashdam Photographer is as die wenner aangewys.
Dr. Pelser se ander foto’s wat goed gevaar het en hom sertifikate van meriete besorg het, is Dit Reën en Trap Suutjies.
Mnr. Danie Smit se foto, Carmen Pronk vir die Manne, was die beste onder die senior fotograwe en me. Renera van Wyk se foto, Saved, was die beste onder die junior fotograwe.
Mnr. Smit het ook ‘n sertifikaat van meriete vir een van sy ander foto’s, Swartkop Reier, ontvang.
Die ander fotograwe wat presteer het en sertifikate van meriete vir hul foto’s ontvang het, is mnr. Johan Viljoen met sy foto Halo, mnr. Gerrit Myburgh met sy foto Sharing the Water en me. Sussa Pelser met haar foto, The Symplicity of Sunset.
Die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms is op Vrydag, 4 Oktober om 6.30nm by Scrum Inn by die Sasol Ontspanningsklub.
Vir meer inligting, skakel mnr. Pierre Jordaan by 082 465 0248.







