Local newsNews
Kop-teen-kop botsing eis twee lewens
Volgens hul skoondogter, Yolandi, is Anton op slag dood en haar skoonma het in die Volksrust Hospitaal beswyk.

Mnr. Anton Nel en sy vrou, Margaretha, van All Star Towing Services, het albei hul lewens verloor na ‘n ongeluk op Sondag 8 September op die Perdekop-pad.
Volgens hul skoondogter, Yolandi, is Anton op slag dood en haar skoonma het in die Volksrust Hospitaal beswyk.
Dié kop-teen-kop botsing het omstreeks 11nm plaasgevind.
Die onderneming sal voortgaan met sy besigheid en die insleepdienste het Sondag om 4.43nm en 5.44nm vir padgebruikers aangedui dat die ongelukke op die R50 en in Lantanastraat opgeruim is.
Die familie is in rou gedompel en finale reëlings vir ‘n begrafnis- of roudiens is nog nie getref nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



