Militêre veterane leer meer van brandbeskermingsvereniging
Mnr. Jan Bezuidenhout, voorsitter van die Standerkop-eenheid, het ook lidmaatskapsertifikate aan me. Yvonne Enslin en mnr. Jan Viviers oorhandig.
Die militêre veterane van die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging het op Saterdag 7 September ontbyt by die Kliphuis geëet as deel van hulle doelwit om kameraderie onder oud-weermaglede te bevorder.
Altesaam 21 mense het dié geleentheid bygewoon.
‘n Plaaslike sakeman, mnr. Louis Kotze, bestuurder van die Lekwa Brandbestrydingsvereniging, het ‘n inligtingsessie aangebied oor die vereniging se werksaamhede.
“Dit was ‘n algemene praatjie waar onder meer genoem is hoe om brande aan te meld en om veiligheid voorop te stel as jy op die pad is,” het mnr. Kotze gesê.
Mnr. Jan Bezuidenhout, voorsitter van die Standerkop-eenheid, het ook lidmaatskapsertifikate aan me. Yvonne Enslin en mnr. Jan Viviers oorhandig.
Vir meer inligting, kan die werwingsbeampte, mnr. Leon Hattingh by 082 928 7892 geskakel word.



