Pretprater tree by Gereformeerde Kerk op Secunda op
Kerk bied suksesvolle vroue-oggend aan
SECUNDA – Die bekende motiveringsspreker, Elsabe Aldrich, wat eerder na haarself as ’n pretprater verwys, het onlangs tydens ’n vroue-oggend by die Gereformeerde Kerk op Secunda, vroue laat skater van die lag.
Aldrich het die saal binne gedans en gesê sy dra ’n kaftan sodat die vroue in die gehoor beter oor hulself kan voel.
Altesaam 140 vroue het dié geleentheid bygewoon.
Isabella en Christina Retief het vir die musiek gesorg.
Twee leerders van Laerskool Goedehoop, Rhona van der Merwe en Juandri Fourie het ’n gedig voorgedra.
Aldrich se boodskap het oor Vrouesappigheid gegaan.
Sy wou vroue weer laat besef dat God hulle elkeen uniek gemaak het en dat hul waarde het, maak nie saak waar hul bly of wat hul ry nie.
https://www.facebook.com/echoridgenewspapers/videos/445633352713352/




