AfriForum se Bethal-tak herstel klomp slaggate
Slaggate in Gemsbokstraat is reggemaak en koste beloop bykans R30 000. Motoriste wat verby gery het, het gestop om die bestuur te bedank vir wat hul vir die gemeenskap doen.
BETHAL – Inwoners is verheug oor ‘n projek wat deur AfriForum Bethal-tak geloods is.
Slaggate in Gemsbokstraat was reggemaak en het dié tak bykans R30 000 uit die sak gejaag.
Motoriste wat verby gery het, het gestop om die tak se bestuur te bedank vir wat hul vir die gemeenskap doen.
Johard Butchery het vir almal wat dié dag gewerk het, gratis worsbroodjies gegee.
Me. Ingrid Human, voorsitter, het gesê dat dit nie net goed vir die dorp is nie, maar ook in ‘n mate werkskepping is.
Die bestuur doen ‘n beroep op inwoners om hulle te ondersteun.
Mnr. Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld het gesê: “Dit is nie net geld wat in dié soort projekte ingaan nie. Dit is ook mense se tyd. Die dorp sal moet hande vat en ‘n organisasie steun wat ‘n verskil maak. Mense wat ‘n bydrae, in watter vorm ookal, wil maak, kan my skakel.”
Gemsbokstraat se naamborde is volgende op hul lys.
Die blokke sal oorgeverf en weer netjies gemaak word.
As jy deel van die verskil wil wees, skakel mnr. Hennie Bekker by 081 217 6091.




