Ermelo Fotoklub geniet besoek van PSSA se visie-president
George Prinsloo se foto “Rooipootelsie” is as die 3-ster wenner aangewys en Leon Drotsky se foto “Southern Sky” is as die 5-ster wenner aangewys.
Ermelo Fotoklub het op 13 September, tydens hul maandvergadering, mnr. Francois Roux van Vereeniging, as spreker gehad.
Mnr. Roux is die visie-president van die “Photographic Society of South Africa” (PSSA).
Hy het sy kennis van landskappe afneem met die lede van Ermelo Fotoklub gedeel.
Lede kry elke maand die kans om foto’s in hul onderskeie kategoriëe asook in die vasgestelde onderwerp in te skryf.
In die junior-afdeling was die 1-ster wenner Tanya du Plessis met haar foto “Frog”, Jacques Kruger se foto “Uitkyk” is aangewys as die wenner in die 2-ster kategorie en George Prinsloo se foto “Rooipootelsie” is as die 3-ster wenner aangewys.
Die wenner van die 4-ster kategorie, in die senior-afdeling was Gert Kotze se foto “Verbyvlug” en Leon Drotsky se foto “Southern Sky” is as die 5-ster wenner aangewys.
Lees die volledige berig met al die uitslae in die Hoëvelder.



