Local newsNews

[FOTOS] Saal op jou perd, stof af jou hoed, dis skoutyd

Kunstenaars het ook tot die feestelikheid bygedra en die afsluiting op Sondag het 'n geloofsbasis verseker.

Standerton Landbou Skou het gekom en gegaan en wat nou van die mense wat sê die lente is eers daarna hier?

Reeds teen Donderdag met die bejaardes se funksie en opening kon die dik truie en warm baadjies maar by die huis gelos word.

Met ‘n propvol program wat getuig van die skoukomitee se harde werk en deeglike beplanning, was daar bykans in enige behoefte van ‘n feesganger voorsien.

Die streekskou waar die perde in die saalring galop het, het uiteraard groot aftrek gekry, maar die veerasse se beoordeling is nie agterweë gelaat nie.

Kunstenaars het ook tot die feestelikheid bygedra en die afsluiting op Sondag het ‘n geloofsbasis verseker.

“Ag nee! Nou word ek bang.” Amy Hattingh (5) het dit later nie meer geniet toe dié rit te rof raak nie. (Foto: San-Marié Cronjé)
Niks kon vir Nicus Naudé (5) en JG Wessels (4) keer om die mallemeule te geniet nie. (Foto’s: San-Marié Cronjé)
Anèl Wessels (7) het nie ’n bang haar op haar kop nie. (Foto’s: San-Marié Cronjé)
Milan en Mia Conradie het saam met Ilne Coetzee die skouperde bewonder en sommer lekker saam gespeel. (Foto: San-Marié Cronjé)
Anlomé Smit en Celine Preuyt het in die koelte van ’n groot tent gespeel. (Foto: San-Marié Cronjé)

Me. Tersia Malan ontspan nadat sy aan haar klas deelgeneem het. Selfs die perd het geglimlag. (Foto’s: San-Marié Cronjé)
Mnr. Johan Malan is tevrede met sy vertoning. Hy en me. Tersia Malan vorm saam die Green Beret.
Mnr. Stephan Potgieter met Niklaas maak gereed om in hul klas mee te ding. (Foto: San-Marié Cronjé)
Me. Menique Olivier en Flashing Thunder het aan die opeklas deelgeneem. (Foto: San-Marié Cronjé)

Me. Mignon Schneubel het heeltyd tydens haar vertoning geglimlag. Hier stuur sy Uncle Clarrens. (Foto: San-Marié Cronjé)

Me. Marietjie du Plessis en me. Marna Coetzee geniet die skou.

Nog foto’s:

https://standertonadvertiser.co.za/96293/galery-oud-en-jonk-boer-en-dorpsjapie-het-standerton-landbou-skou-geniet/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button