Gemeenskap span saam om verskil te maak op Bethal
Plaaslike kunstenaars het die ook kans gekry om die gehoor met hul kitaarspel en sang te trakteer.
BETHAL – N.G. Kerk Bethal Oos het ’n dinee met Neil Somers op Donderdag, 12 September aangebied.
Die doel van die dinee was om geld vir Solidariteit Helpende Hand Bethal-tak se studiefonds in te samel.
Plaaslike kunstenaars het die ook kans gekry om die gehoor met hul kitaarspel en sang te trakteer.
’n Stampvol saal het vir ’n vrolike atmosfeer en samesang gesorg.
Somers is ’n oud Bethaller wat vir ’n Huisgenoot-Tempo toekenning vir Beste Nuweling vir 2009 genomineer is.
Hy is ook genomineer vir Beste Manlike Solo Kunstenaar 2009 tydens Rapport se Vonk-toekennings.
Me. Bettie Jordaan, voorsitter van die Helpende Hand Bethal-tak het gesê: “Ons is so vinnig om te sê, jy kan arm wees, maar jy kan skoon wees. Hoe moet jy skoon wees wanneer niks het om te gebruik nie? Elke bietjie help en ek wil vanaand vir elkeen wat maandeliks toiletware skenk dankie sê, dit maak ’n groot verskil.”
Me. Jordaan het die gemeente en elkeen wat ’n kaartjie gekoop het, bedank.
Die tak se grootste behoefte op die oomblik is steeds skoonmaakmiddels soos Handy Andy, Domestos, skottelgoedwasseep, waspoeier en ook toiletware soos sanitêredoekies, tandepasta, tandeborsels, lyfseep, lyfroom en shampoo.
Skenkings kan by Helpende Hand se Ons Winkel of by die plaaslike biblioteek afgegee word.
Kontant of maandelikse bydrae aan die studiefonds kan steeds gedoen word.
Vir meer inligting skakel me. Bettie Jordaan by 079 334 5612 of stuur ’n e-pos na bettie.jordaan@gmail.com.




