Local newsNews

Secunda VLU-lede is kunstig met papierblomme

Secunda VLU vergader weer op Woensdag, 9 Oktober om 9vm by Die Ark by die N.G. Kerk Secunda-Oos/Goedehoop-gemeente en belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon.

SECUNDA – Me. Maryna Hartman van die Secunda Vroue Landbou-unie (VLU) het in Augustus by die Mpumalanga VLU-kongres wat op Hazyview gehou is, ‘n eerste plek met haar voetmatjie losgeslaan.

Sy het algeheel agtste uit 25 lede geëindig vir puntetoekenning.

Lede van die Secunda VLU het op Woensdag, 4 September by Die Rots by die N.G. Kerk Secunda-Oos/Goedehoop-gemeente vergader.

Me. Santie Pretorius van Mangolisa het die lede geleer hoe om papierblomme te maak.

Me. Rika Viviers, Secunda VLU se oudste lid, het op 26 Augustus haar 89ste verjaardag gevier en die takbestuur het haar gelukgewens.

Secunda VLU vergader weer op Woensdag, 9 Oktober om 9vm by Die Ark by die N.G. Kerk Secunda-Oos/Goedehoop-gemeente en belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon.

Vir meer inligting, skakel me. Launa Jansen van Vuuren by 061 065 7417.

Me. Maryna Hartman van die Secunda VLU wys die item waarmee sy ‘n prys gewen het by die Mpumalana VLU-kongres wat in Augustus op Hazyview gehou is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button