Local newsNews

Oom Pompies tree af na dekades se diens aan die gemeenskap

Met mense se lewens wat in hul hande was en is, is hul sterk geloof die anker.

Mnr. Pieter van der Westhuizen, alombekend as oom Pompies, het einde Januarie afgetree en sy hulpverlening om na ‘n noodgeval om te sien, is nou iets van die verlede.

Jeria Ambulansdienste is sowat 30 jaar gelede, ook in kantore in Paarlstraat op Standerton, begin.

Dié familie-onderneming spog met sy vrou, hulppast. Liz van der Westhuizen wat die finansies bestuur, hul dogter, me. Susan Mocke, wat ongeag die tyd van die dag of nag, paraat opdaag en me. Shandré van den Heever, die kleindogter, wat Jeria se aanwesigheid by sportgeleenthede bestuur soos by Henbase Lodge waar Pieter Koen opgetree het,

Val Boeredag, en skole op die dorp Standerton Landbou Skou.

Daarbenewens is daar ook drie werknemers in diens wat bystand verleen.

Me. Van der Westhuizen het verklap dat die administratiewe rompslomp wat betref opnames in klinieke en hospitale soms ‘n tameletjie is, maar dat haar man altyd ‘n situasie ‘gelees’ het, wat betref die koste daaraan verbonde.

“Baie keer is pasiënte gratis behandel sonder om in ag te neem dat uitbuiting kan voorkom.”

Hulle moet aan streng wetlike vereistes voldoen en paramedici se registrasienommer by die Suid-Afrikaanse Mediese Raad word nagegaan.

Met mense se lewens wat in hul hande was en is, is hul sterk geloof die anker.

“As dit nie vir God was nie, sou ons dit nie kon doen nie,” het sy gesê.

Personeel wat traumatiese tonele sien, is ook ‘n faktor wat nie buite rekening gelaat kan word nie.

Die Van der Westhuizens het bitter min geleenthede oor die jare gehad vir ontspanning, wat nog van met vakansie gaan.

Oom Pompies is in Januarie beseer toe hy ‘n pasiënt opgelig het en sewe-en-‘n-half-uur-lange operasie in Kemptonpark het gevolg om rugsenuwees wat vasgeknyp het, te behandel.

“Hy het sy alles vir die dorp gegee,” was Liz se afskeidswoorde.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button