Local newsNews

Beursies gaan oop vir Stefan Bothma

Me. Bothma het sy reeds Maandag ’n doktersafspraak vir die operasie gemaak ent sal binne die volgende maand plaasvind

SECUNDA – Al die geld wat nog vir Stefan Bothma (9) se operasie uitstaande was, is verlede Dinsdagaand met ‘n kuieraand by die Oregon Spur in Secunda Mall ingesamel.

Mnr. Leon en me. Wendy Bothma het voor dié aand nog sowat R16 000 benodig sodat hul enigste kind ‘n liesbreukoperasie kan ondergaan.

Die egpaar het nie ‘n mediese fonds nie.

Restaurantgaste het Dinsdagaand mildelik skenkings gemaak en ook ballonne met geskenkbriefies binne, gekoop en gebars.

Die bestuur van Oregon Spur het ook ‘n gedeelte van dié aand se wins aan Stefan geskenk.

Ridge Times het verlede week berig oor Stefan se penarie.

Sy breuk is nie op dieselfde plek waar dit algemeen voorkom nie en hy het dus spesiale hulp nodig.

Volgens me. Bothma het sy reeds Maandag ‘n afspraak vir die operasie gemaak. Dit sal binne die volgende maand gebeur. Die Bothma-gesin het almal bedank wat bygedra het.

“Ek is verstom oor die hulp wat ingestroom het. Die operasie sal Stefan se lewe ten goede verander,” het sy gesê.

https://standertonadvertiser.co.za/96367/kind-met-liesbreuk-benodig-dringend-operasie/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button