Hennie se fietsrit samel baie vir Bybelvasvra in
Hy het altesaam R9 000 ingesamel, maar omdat die dorp se Rapportryers hul ondersteun het hulle R5 000 geborg vir die res van die leerders wat gekwalifiseer het.
BETHAL – Mnr. Hennie Strydom (27) het op Vrydag, 4 Oktober 150km met sy fiets getrap om geld in te samel.
Hy het Vrydag reeds 3.35vm uit dié dorp weggespring.
Teen 10.15vm was hy reeds terug in Bethal waar die skoolhoof van Laerskool Marietjie van Niekerk, mnr. Morné Scholtz en van die leerders hom by die skool ingewag het.
Leerders van die skool het vir die Nasionale Bybelvasvra kampioenskap gekwalifiseer.
Omdat hulle in Hartenbos gaan deelneem gaan dit ouers heelwat geld uit die sak jaag.
Juis daarom het mnr. Strydom besluit om borge per kilometer te kry om sodoende geld in te samel.
“Dit was baie koud gewees en het eers heelwat later warmer geword. Ons was dankbaar vir die koue omdat dit die rit soveel moeiliker sou maak indien dit warm was,” het hy gesê.
Hy het altesaam R9 000 ingesamel, maar omdat die dorp se Rapportryers hul ondersteun het hulle R5 000 geborg vir die res van die leerders wat gekwalifiseer het.
“Ek wil graag vir my ma, Hanlie Strydom en my verloofde, Annelie Lundall baie dankie sê dat julle al die pad saam met my gery het. Dankie vir die kinders en skoolhoof wat my by die skool ingewag het.”
Hulle bedank ook die Rapportreyers vir hul ondersteuning.
Besighede of enigiemand anders wat steeds ’n bydra wil maak kan me. Annelie Lundall by 072 048 4088 skakel of stuur ’n e-pos na artlinecanvas@gmail.com.



