Local newsNews

Secunda Landbouskou word vir die vierde keer gehou

Daar is geskou met boer-perde, saalperde en Friesperde en ruiters het in verskeie afdelings ingeskryf, van gewone ruiterkuns tot inhand en tuigklasse soos karretjies wat deur 'n span van vier perde getrek was.

SECUNDA – Die vierde Secunda Landbouskou het vanaf 26 tot 28 September by Genade Vlakspruit Stoet plaasgevind.

Ruiters het oor diƩ drie dae hul pragdiere geskou en hul ruitervernuf gewys.

Daar is geskou met boer-perde, saalperde en Friesperde en ruiters het in verskeie afdelings ingeskryf, van gewone ruiterkuns tot inhand en tuigklasse soos karretjies wat deur ‘n span van vier perde getrek was.

Die top vier in elke klas het deurgedring na die kampioenskap wat die Saterdag plaasgevind het.

Die Friesperde-streekskou was deel van die Landbouskou en het as kwalifiseerder vir die Suid-Afrikaanse Kampioenskap in Tulbach later vanjaar gedien.

Hoewel die skou hoofsaaklik op perde gefokus het, was daar ook verskeie stalletjies, eetgoed, vermaak en musiek. Armand van der Merwe, die singende cowboy, het by die Secunda Landbouskou opgetree.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button