CrimeNews

Manie Senekal verskyn weer in hof op seksuele aanklagtes

Hy en sy oorlede vrou, me. Marie Senekal wat in Junie vanjaar dood is, het na wat beweer word by ’n kleuterskool op Balfour, die wandade gepleeg waarop hulle sedert 2012 teregstaan.

EVANDER – Mnr. Manie Senekal, wat op 32 aanklagtes van seksuele aanranding teen kinders teregstaan, het op Maandag, 14 Oktober in die hof verskyn en sy saak is uitgestel na Dinsdag, 3 Desember.

Hy en sy oorlede vrou, me. Marie Senekal wat in Junie vanjaar dood is, het na wat beweer word by ’n kleuterskool op Balfour, die wandade gepleeg waarop hulle sedert 2012 teregstaan.

Mnr. Senekal is intussen verbind met nog ’n klag van seksuele aanranding en sal op Donderdag, 12 Desember weer in die hof verskyn.

Mnr. Senekal en sy oorlede vrou was 71 jaar oud in 2012 toe die hofsaak begin het.

Hulle het skuld op al die aanklagtes ontken.

https://www.citizen.co.za/ridge-times/143464/balfour-man-se-saak-duur-voort-nadat-vrou-sterf/

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button