Bederfboks vir bejaardes nou op Bethal
Gesig waslap of spons, koekieseep, tandeborsel, tandepasta, 22ml Liqui-Fruit of Ceres, een 33g pakkie skyfies, een 50g sjokoladestafie, tydskrif soos vrouekeur, Fair Lady of enige tydskrif vir ’n vrou geskik, vir mans kan ’n manstydskrif voor gegee word, klein notaboekie en pen, woordsoek speletjies (search-the-words games),
BETHAL – Bederf ‘n bejaarde dié feestyd met ‘n bederfboks.
SAVF Silwerjare se inwoners gaan vanjaar met ‘n spesiale boks bederf kan word, as jy die projek ondersteun.
Dié inwoners waaronder bykans 20 mans en 120 vroue, moet elkeen ‘n boks onder die Kersboom kry.
Van dié vroue is diabete en as jy vir ‘n diabeet ‘n boks wil pak, maak eers seker wat hulle mag eet of drink.
Jy kan self jou boks opmaak en dit by Eastvaal Nissan in Bethal aflaai of jy kan me. Carina Pepler skakel om dit te kom haal.
As jy betrokke wil raak, skakel me. Pepler by 082 659 7406.
Jy kan kies of jy ‘n boks vir ‘n man of vrou wil regkry.
Die inhoud van die boks word mooi uiteengesit en moet van die items in hê.
Vir die vroue en mans moet die boks die volgende in hê:
‘n Gesig-waslap of spons, koekieseep, tandeborsel, tandepasta, 22ml Liqui-Fruit of Ceres, een 33g-pakkie skyfies, een 50g sjokoladestafie, ‘n tydskrif soos Vrouekeur, Fair Lady of enige tydskrif vir ‘n vrou geskik, vir mans kan ‘n manstydskrif voor gegee word, klein notaboekie en pen, woordsoekspeletjies (search-the-words games), ‘n sakkie kitskoffie soos “Hug in a Mug” en ‘n Kerskaartjie waarin jy hom of haar ‘n geseënde feestyd toewens.
Die volgende is verpligtend om in die boks te sit nie, maar jy kan van dit of iets van alles ook byvoeg:
Vir die vroue kan kostuum-juwele, hande- of lyfroom, ‘n haarborsel of kamstel, sokkies, ‘n serp, borduurde lapsakdoekies, reukwater, ‘n naelstelletjie, klein boksie sjokolade, ‘n fotoraam, ander toiletware soos deodorant of vloeibare seep en enige ander geskenk bygevoeg word as jy sou wou.
Vir die mans kan skeerroom, weggooiskeermesse, ‘n haarborsel of kamstel, sokkies, ‘n serp vir die winter, sakdoeke, lyfroom, ‘n klein boksie sjokolade, enige ander toiletware of geskenk bygevoeg word.
Moet asseblief nie koekies in jou boks sit nie omdat hulle reeds koekies kry.
Jy kan nog tot en met 25 November ‘n boks opmaak. Dit sal tydens ‘n funksie in Desember vir die inwoners uitgedeel word.



