Secunda VLU-tak bied prêtdag aan
Sophie nooi vroue na geleentheid om te leer op 20 November
SECUNDA – Die Secunda VLU-tak het op Woensdag, 30 Oktober, ‘n VLU-streekvergadering aangebied en VLU-vroue van sover as Kaalspruit, Devon en Vaalrivier het dié vergadering bygewoon.
Lede het soos altyd, hul beste items in gebak, gehekel en in ander afdelings ingeskryf en punte daarvoor gekry.
Die vroue het ook oor volgende jaar se artikels wat gemaak moet word, gesels en wenke en riglyne uitgeruil.a
Die Secunda VLU-tak bied op Woensdag, 20 November ‘n prêtdag aan waartydens hulle gaan leer wat kolle-kuns (dot art) is en hoe ‘n mens dit doen.
Belangstellendes sal op dié dag ook die kans hê om te leer hoe om papierkrale te meek en om oor blommerangskikkings te leer.
Kostes beloop R80 per persoon en ‘n ligte middagete is by die prys ingesluit.
Skakel me. Sophie Hugo by 083 701 9709.



