Local newsNews

Jou ‘wit olifant’ kan ‘n dier by Bethal DBV red

Bethal Dierebeskermingsvereniging (DBV) sal op Saterdag, 30 November van vroeg af voor Bethal Super Spar ’n wit olifant-verkoping hou.

BETHAL – Bethal Diere-beskermingsvereniging (DBV) sal op Saterdag, 30 November van vroeg af voor Bethal SuperSpar ‘n wit olifant-verkoping hou.

Goeie, heel en skoon items kan van Maandag tot Vrydag tussen 9vm en 3nm en Saterdag van 9vm tot 11vm by Bethal DBV afgelaai word.

Dit wat jy nie meer wil hê nie kan die DBV help.

Die muur buite om die gebou val uitmekaar en sal dus herstel moet word.

Hulle beplan ook om ‘n ‘hospitaalkamer’ uit te teël waar siek honde en katte behandel kan word en indien nodig, van kant gemaak kan word.

Help die DBV om ‘n beter lewe vir diere in die dorp te kan skep.

Vir meer inligting, skakel Dolores by 084 581 2976 of lewer items by die DBV af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button