Local newsNewsSchools

Departement van Onderwys stuur blinde om eksamens te kontroleer op Secunda

Departement sê daar was geen probleem met blinde eksamen-kontroleerder by skool

SECUNDA – Ouers van ‘n plaaslike hoërskool het hul skok uitgespreek omdat die Departement van Onderwys onlangs ‘n blinde persoon as eksamen-kontroleur vir die matrieks se eindeksamen na die skool gestuur het.

“Hoe kan die persoon sien wat om te kontroleer?” het een van die ouers gevra.

Volgens ‘n ouer het die blinde vrou gesukkel om die klokkie van die skool gekry en het lank geneem om by die skool in te gaan.

Mnr. King Masondo, bestuurder van die Hoëveldrif Wes-kring van die Mpumalanga Departement van Onderwys, het bevestig dat die blinde persoon ‘n werknemer by die Departement van Onderwys is en as ‘n eksamen-kontroleur aangestel is.

“Sy het altyd iemand wat haar help om haar werk uit te voer,” het mnr. Masondo gesê.

“Toe sy na die betrokke hoërskool op Secunda is om die eksamen te kontroleer, was die persoon wat haar help saam met haar daar.

“Dit is dus nie waar dat sy gesukkel het om die klokkie by die hek te kry nie.

“Ek het met die skool bevestig en die hoof-toesighouer het nie enige probleme met haar gehad nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button