Local newsNews

N.G. Kerk Secunda-Oos-gemeente vier 40 jaar

Mense geniet spitbraai en Kerssangdiens

SECUNDA – Die N.G. Kerk Secunda-Oos-gemeente het op Maandag, 18 November 40 jaar oud geword en lidmate van dié kerk het dit op Saterdag, 16 November en Sondag, 17 November gevier.

Meer as 230 lidmate en oud-lidmate het op Saterdag ‘n spitbraai by die kerk bygewoon.

‘n Oud-leraar van dié kerk, ds. Gerrit Theron, het ook saamgekuier en Sondagoggend die erediens gelei terwyl dr. Hannes Reinecke die nagmaal bedien het.

Me. Marlize van der Merwe en me. Riana Jacobs het ‘n spesiaal ‘n koek vir die verjaardagvieringe gebak en ds. Theron het Sondagoggend die erediens gelei.

Die akteurspaar, Carel Trichardt en Petru Wessels, het die feesvieringe die Sondag afgesluit toe hulle tydens die Kerssangdiens, Soli Deo Gloria en Kersverhale voorgelees het.

Ds. Gerrit Theron, dr. Hannes Reinecke en ds. Anton Ferreira by die nagmaaltafel van die N.G. Kerk Secunda-Oos-gemeente se 40ste verjaardag op Sondag, 17 November.
Die Belle Canto-sanggroep wat op Sondag, 17 November by die N.G. Kerk Secunda-Oos-gemeente se 40ste verjaardagvieringe opgetree het, bestaan uit me. Iné Sundström, me. Sara Schempers, me. Marelize Kotzé, me. Elsa van de Venter, me. Marietjie Claassen, me. Liezel Gertenbach, me. Elyssa Spreeth, me. Estelle Smit, me. Hannalie Pienaar, me. Ansie Beelders, me. Senta Meister, me. Tersia Pretorius, me. Cora van Renssen en me. Amjé Coetzee.
Carel Trichardt en Petru Wessels lees Kersverhale voor tydens die N.G. Kerk Secunda-Oos-gemeente se 40ste verjaardagvieringe op Sondag, 17 November.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button