CrimeNews

“We will rape you” moes vrou van Bethal aanhoor

Rowers het dit as die perfekte kans gesien om ’n inwoner van Bethal wie se huis in die mark is, te beroof.

BETHAL – “We will rape you,” moes ‘n vrou en inwoner van dié dorp aanhoor terwyl haar huis geplunder word.

Hoewel dit September vanjaar gebeur het, is die gesin steeds getraumatiseer en voel hulle dat hulle niemand kan vertrou nie.

Ten aanskoue van haar twee jong volwasse seuns, het een van die mans haar herhaaldelik teen haar kop geklap terwyl hulle die kluis se sleutel geëis het.

“Ons huis is in die mark en drie vroue het die eerste maal na die huis kom kyk. Later was dit dieselfde drie met ‘n man by. Hulle het vir ‘n derde maal na die huis kom kyk en selfs papiere van die bank saamgebring wat kamstig gewys het dat hulle besig is om finansiering vir die huis te kry.”

Een van die vroue het gesê dat sy haar man óók die huis wil wys.

Volgens die slagoffer, het die verdagtes elke keer in luukse motors opgedaag.

Met die rowers se laaste besoek, omstreeks 3.30nm, het die huiseienaar en haar seuns onrustig gevoel, dit was al die hoeveelste maal dat hulle opdaag en elke keer sonder ‘n afspraak.

“Een van die mans het toe ewe my man gebel om te hoor wanneer hy by die huis gaan wees sodat hulle ‘n afspraak kan maak. Dit was natuurlik net om uit te vind hoeveel tyd hulle het voor my man tuis is.”

Na dié oproep het die twee mans vuurwapens uitgehaal.

“Ek het herhaaldelik vir my seuns gesê hulle moet net kalm bly, ek het dit nog onder beheer.”

Sy en haar seuns is vasgebind, die een seun se voete en hande is agter sy rug vasgebind.

Hulle het gedreig om haar te verkrag as sy nie vir hulle die kluis se sleutel gee nie.

Die seuns het toe veral begin spook om hulself los te woel, maar sy het weer eens vir hulle gesê om kalm te bly.

“Hulle het die kluis sommer maklik oopgebreek en met kontant gevlug.”

‘n Televisiestel, skootrekenaar, juwele, selfone en haar handsak is ook gesteel.

Blykbaar was ‘n man wat by dié rooftog betrokke was voorheen in die tronk vir gewapende roof. Haar seuns is steeds woedend oor wat gebeur het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button