Local newsNews

Bethal Sopkombuis sê dankie

Vir enige navrae of om uit te vind wat hul nog benodig, skakel Lettie Olivier by 017 647 3144.

BETHAL – Dié dorp se voedingskema, meer as Sopkombuis bekend, bedank elke persoon en instansie wat dit moontlik gemaak het om hul deure oop te hou.

Me. Lettie Olivier wat die projek dryf het gesê: “’n Spesiale dank aan Boltons-visvangprojek se jaarlikse fondsinsameling. Sonder dié geld kan die Sopkombuis nie voort bestaan nie. Dankie aan elke skenker en die mense wat die dag bygewoon het.”

Sy het spesiaal dankie gesê aan almal wat gereeld geld en vleis skenk.

Die Sopkombuis se afsluiting van die jaar vind op 16 Desember om 2nm by die ruskamersnl plaas.

“Byvoorbaat dankie vir die donateurs vir die potjiekos, lekkerny-pakkies vir gesinne en geskenkies vir kinders. Dankie aan elkeen vir hul onbaatsugtige skenkings aan die Sopkombuis.”

Die Sopkombuis benodig steeds skenkings.

Vir enige navrae of om uit te vind wat hul nog benodig, skakel Lettie Olivier by 017 647 3144.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button