Local newsNews

‘Stasiesaal’ op Bethal weer verniel

Dit is skrikwekkend om te sien hoe die saal lyk. Toilette en wasbakke is heeltemal uitgebreek, vloekwoorde is in Afrikaans op die mure geskryf en verskeie name en slagspreuke is ook in Engels op die mure gegriffel.

BETHAL – Plaaslike inwoners en sakelui is raadop oor die gemors by die ‘Stasiesaal’ in Stasieweg.

Blykbaar het Sasol in 2015 die saal opgeknap en selfs palissades rondom die gebou gesit.

Vandag is die saal weer onbruikbaar.

“Die probleem is dat hier allerhande snaakse dinge in die gebou gebeur. Dit is die perfekte plek vir skelms om in weg te kruip. Kwaaddoeners is dag en nag besig om moeilikheid hier te maak. Dit beïnvloed ons besighede en maak dit maklik vir inbrekers om ons geboue te teiken,” het ‘n eienaar van ‘n sakeonderneming gesê.

Selfs die planke van die verhoog is opgelig en weggedra. Die muur agter die verhoog is vol voetmerke geskpo en getrap, vloekwoorde (bykans alles is Afrikaans), name en ook selfoonnommers is op die muur geskryf.

Dit is skrikwekkend om te sien hoe die saal lyk.

Toilette en wasbakke is heeltemal uitgebreek, vloekwoorde is in Afrikaans op die mure geskryf en verskeie name en slagspreuke is ook in Engels op die mure gegriffel.

Jy sal sukkel om ‘n venster te kry wat heel is.

Stukke glas lê oral om die gebou soos wat dit moontlik uitgeslaan en stukkend gegooi is.

Alles in die badkamers is gebreek en vloekwoorde is op mure en teëls geskryf. Die toilette is vol gemors, gebreek en verstop.

Die verhoog wat van hout aanmekaar gesit is, is opgelig en die hele voorste stuk van die verhoog is reeds weg.

Dit lyk asof iemand met ‘n motorfiets op die houtvloer in die saal ‘donuts’ gemaak het.

Aan die agterkant van die gebou staan ‘n matras regop in een van die deure en dit lyk of iemand daar woon.

Niemand kon ons ‘n antwoord gee wie vir die gebou verantwoordelik is nie.

Al die ligte is óf gebreek óf gesteel. Die plafon is vol gate. Ander dele van die plafon is heeltemal uitgebreek. Dit blyk of iemand met ’n motorfiets oor die houtvloer gery het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button