Reën ontbloot menslike nalatigheid in Bethal
Plastieksakke en rommel het met die vloedwater teen grensdrade beland, slaggate is groter en al die rommel wat in Blesbokspruit beland het kan al langs die spruit gesien word.

BETHAL – Jy sou dink dat nie reën alles skoon was, maar met die onlangse reën is meer dinge ontbloot as weggewas.
Plastieksakke en rommel het met die vloedwater teen grensdrade beland, slaggate is groter en al die rommel wat in Blesbokspruit beland het kan al langs die spruit gesien word.
Dit het ook aan die lig gekom dat Govan Mbeki Munisipaliteit se werknemers nie die gepaste beskermingsdrag het om in die reën vullissakke te kan verwyder nie.
Dít het veroorsaak dat mense hul vullis, tuinrommel en ander rommel self na die stortingsterrein toe wou neem.
Omdat die paaie na die stortingsterrein steeds ontoeganklik is, is alles langs die pad afgegooi.

Lees ook:
https://www.citizen.co.za/ridge-times/152169/kyk-bethal-damme-spruitjies-en-slaggate-oorvloei/