Local newsNews

Bykans 300 mense daag vir Kersliggiefees in Bethal op

Kinders het die kans gehad om op Kersvader se skoot te sit en 'n geskenkie te ontvang.

BETHAL – Bykans 300 mense het op Saterdag, 7 Desember die Kersliggiefees op Bethal bygewoon.

Me. Michelle Rademeyer wou graag dié Liggiefees aanbied sodat die gemeenskap weer saam kan sing en elke kind ‘n geskenkie kan kry.

“Dit was ‘n groter sukses as wat ek ooit kon droom. Ek is dankbaar vir almal wat opgedaag het. Dankie aan mnr. André Pieterse van Engen Midnight Motors wat ons grootste borg was. Ons sal dit volgende jaar nóg groter en beter maak,” het sy gesê.

Rinél Day en Berdie Smith het ook vir dié goeie doel opgetree.

Kinders het die kans gehad om op Kersvader se skoot te sit en ‘n geskenkie te ontvang.

Elke ouer en kind het die geleentheid geniet en is dankbaar vir wat mnr. Hennie en me. Michelle Rademeyer vir die gemeenskap doen.

Rinél Day en Berdie Smith het vir groot vermaak gedurende die Liggiefees gesorg. Berdie is ’n plaaslike sanger.
Mnr. Anton Ras was Kersvader (mnr. Marius Bosman) se helper. Tussen die Elf en Kersvader staan mnr. Hennie en me. Michelle Rademeyer. Hulle het dié geleentheid georganiseer.
Alexander Jooste was nie bang om op Kersvader (mnr. Marius Bosman) se skoot te wag vir sy geskenk nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button