Local newsNews

Bethal-SAVF is opgewonde oor groei

Dié dorp se Suid Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF) was opgewonde om hul maatskaplike kantoor op Woensdag, 4 Desember amptelik te open

BETHAL – Dié dorp se Suid-Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF) was opgewonde om hul maatskaplike kantoor op Woensdag, 4 Desember amptelik te open.

Die kantoor het na Wichtstraat 90 verskuif en SAVF-Bethal hoop dat hul nou hul volle potensiaal sal kan bereik.

SAVF is ‘n dinamiese gesinsorgorganisasie vir die gemeenskap.

Met behulp van die National Lotteries Commission (NLC) is ‘n huis op die dorp gekoop wat in kantore omskep is.

Dié organisasie bedien behoeftiges van alle rasse en ouderdom.

Leerders van verskeie skole het nuwe rugsakke en ook skooluniforms op die dag van die opening ontvang.

Verteenwoordigers van die NLC, die plaaslike polisie en ook die Departement van Arbeid het die funksie bygewoon.

Me. Hlobisile Nxumalo, bestuurder van Bethal-SAVF, het genoem dat hulle dankbaar en opgewonde oor die nuwe kantoor is.

Skakel 017 647 3345, of stuur ‘n faks na 017 647 4439.

Jy kan ook ‘n e-pos na bethal.admin@savf.co.za of bethal.swo1@savf.co.za stuur.

Franco Mans is baie opgewonde oor sy nuwe skooltas en uniform vir skool. Hy het die skoenboks utigehaal, dit oopgemaak en vir sy maatjie gesê: “Dit is splinter splinter nuwe skoolskoene.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button