Local newsNews

Aftree-oord kom in regte stemming vir Kersfees

Matrone Annatjie Steyn het ’n spesiale boodskap aan die inwoners, waaronder ’n gedig van me. Hester Degenaar, gebring.

Bejaardes by die Kosmos Aftree-oord het liedere in die gees van Kersfees op Woensdag 4 Desember gesing.

Matrone Annatjie Steyn het ‘n spesiale boodskap aan die inwoners gebring, waaronder ‘n gedig van me. Hester Degenaar.

Sy het liefde onder mekaar vir sowel diegene wat na familie toe gaan as diegene wat Kersfees in die tehuis sal wees, beklemtoon.

Kitaarspel van ‘n ma en dogter van Secunda, Christina en Isabel Retief, het gevolg. Mee. Arista van der Merwe en Hulda Jacobs het daarna stelling agter die klavier ingeneem om die sang te begelei.

Christina en Isabel Retief van Secunda tree op Woensdag 4 Desember by die Kosmos Aftree-oord op. (Foto: Verskaf)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button