SECUNDA – Mnr. Manie Senekal, ‘n bejaarde wat op 32 aanklagtes van seksuele aanranding teen kinders teregstaan, het op Donderdag, 12 Desember weer in die Secunda
Streekhof wat met seksuele misdrywe werk, verskyn.
Sy saak is uitgestel na Donderdag, 23 Januarie.
Mnr. Senekal het op Dinsdag, 3 Desember ook in die hof verskyn vir ‘n ander seksuele aanklag teen hom en dié saak is uitgestel na Maandag, 24 Februarie.
Hy en sy oorlede vrou, me. Marie Senekal wat in Junie vanjaar dood is, het na wat beweer word by ‘n kleuterskool op Balfour glo wandade met kinders gepleeg. Die saak draai al sedert 2012 in die howe.
Mnr. Senekal en sy oorlede vrou was 71 jaar oud toe die hofsaak sewe jaar gelede begin het.
Hulle het skuld op al die aanklagtes ontken.
Lees ook:
https://www.citizen.co.za/ridge-times/149949/manie-senekal-verskyn-weer-hof-op-seksuele-aanklagtes/



